Blomme Kursus - Begin jou eie bloemiste

Hierdie is ‘n webwerf waar u inligting sal vind oor onshome arrangement Blomme Kursus. Gedurende die blomme kursus word geleer hoe om 'n bloemiste te begin en te bedryf.

Ons verskaf die opleiding wat u benodig om u eie bloemiste te begin. Het u geweet dat u hierdie besigheid van die huis af kan bedryf? Indien dit onmoontlik is, het u slegs ‘n klein spasie nodig om die blomme besigheid te begin. Die spasie van ‘n enkel motorhuis is goed genoeg. Natuurlik is dit baie beter om ‘n bloemis in ‘n besige sentrum te begin, maar die huur is dan baie hoog, dus is daar voor en nadele verbonde wat goed ondersoek moet word. Meer omtrent bloemis opleiding.


Blomme Kursus Besonderhede

Heel dikwels is die eenvoudigste rangskikkings die mees doeltreffende. Daarom begin ons kursus met ‘n eenvoudige blommerangskikking en ons brei daarvandaan uit na baie innoverende en unieke blommerangskikkings.

Maksimum per werkswinkel

Daar word slegs 4 persone per werkswinkel bespreek om individuele aandag te verseker. Indien u nie opdaag by die werkswinkel nie, is die deposito nie terugbetaalbaar nie. Geen tjekbetalings sal aanvaar word nie.

Wanneer moet betaling geskied?

flower arrnagementDie koste van die blommerangskikking kursus is betaalbaar voor of op die oggend van die blommerangskikking kursus. Daar word van u verwag om die volle kursus fooi te betaal voor die kursus begin. Dit sluit in die koste van die handleiding; ‘n CD en sowel as al die materiale wat tydens die bywoning van die kursus gebruik word.

Vervoer

Indien jy die blommerangskikking kursus wil bywoon en jy kom met die bus of ‘n trein of ‘n vliegtuig  sal ons organiseer vir vervoer vanaf en na die lughawe of bus/ treineindpunt of hotel ingesluit vir R250 vir die ± 3 dae per persoon of per paar, indien 2 saam dit bywoon.
 

Waar?

Die kursus word aan die Wes-Rand van
Red Flowers Johannesburg in Randfontein, Suid Afrika aangebied. Dit is omtrent 1 ½ uur se ry vanaf die OR Tambo Lughawe. Dit is ‘n baie veilige omgewing met baie veilige parkering vir jou motor.